Video-idees

R180.00

Maak fantastiese video’s en animasie om op YouTube te plaas en met jou vriende te deel! Droom jy daarvan om die volgende YouTube-sensasie te word? Of hou jy net daarvan om video’s te maak? Moet jy ’n videojoernaal vir ’n skoolprojek maak? Ontdek die videomaak-proses van draaiboek tot skerm, met praktiese wenke, raad en kortpaaie vir jou eie opwindende projekte tuis. Hierdie boek bevat al die inligting wat jy nodig het om jou eie video’s te maak. Ontdek die beste kamerahoeke, leer hoe om videomateriaal te redigeer, hoe om jou video aanlyn te kry, en hoe om veilig op die internet te bly. Gaan jy jou eie weervoorspelling opneem? ’n Kosmaakdemonstrasie verfilm? Jou troeteldier se lawwe toertjies op video vaslê? Of met die kamera oor jou geheime talente gesels? Video-idees bevat alles wat jy nodig het om die beste video’s ooit te maak – van die keuse van jou kostuums tot daardie baie belangrike post-produksie-kortpaaie. Of jy nou spesiale geleenthede opneem, jou eie animasievideo’s maak, ’n rekenaarspeletjie resenseer of ’n musiekvideo maak – hierdie briljante boek sal jou help om ’n ster en ’n videojoernalis te word!

Language

Afrikaans

Dimensions

233 x 195 mm

Pages

80

Format

SC

Publisher

LAPA Uitgewers

             
             
Shipping & Delivery
Delivery options
Your order can be delivered by courier or you can collect from our offices.

Courier
National Metro Areas : R104
Outlying Areas : R104
High Risk Areas : R185

Address for collection
Pick-up : 33 Proot Street, Monte Vista. Cape Town