Afkop

R220.00

Alles gaan oukei wees, het Decker gese. Hy was verkeerd. ’n Wilde partytjie. ’n Gesteelde kar. ’n Jaagtog wat in chaos eindig. ’n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Na ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste! Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook ’n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower. Geskik vir leerders in Graad 8 – 9 HT en Graad 10 – 11 EAT.

Weight 0.2 kg
Author

Fanie Viljoen

Language

Afrikaans

Dimensions

198 x 128 mm

Pages

208

Format

SC

Publisher

LAPA Uitgewers

Delivery

Ships in 7 – 11 work days

             
             
SKU: 9780799372885 Categories: , , , , , , , Tag:
Shipping & Delivery
Delivery options
Your order can be delivered by courier or you can collect from our offices.

Courier
National Metro Areas : R104
Outlying Areas : R104
High Risk Areas : R185

Address for collection
Pick-up : 33 Proot Street, Monte Vista. Cape Town